Sunday, December 11, 2011

Titels galore...

Die bogenoemde titel behoort 'n klokkie te lui vir James Bond aanhangers? Of nie?

Het vanoggend, na 'n 2-uur stappie deur ons buurt en deur Bloem se lieflike 7-damme bewarea ( www.7dams.co.za ), groot ontbyt, skottelgoed, koffie, koerant en speel, so 'n bietjie deur my lys van skryftemas gewerk...

Bietjie herrangskik, uitgebrei waar nodig, uitgevee waar oorbodig / gedupliseer.

Genugtig, maar dit is inderdaag galore! Ek wil nie windgat klink nie (oukei, miskien 'n bietjie) - dit is maar net as iets my tref te enige tyd van: die lewe, mense, enigiets, dan skryf ek dit neer in my om-te-skryf-lys, en laat dit rustig wees tot ek daarby uitkom...

Dan marineer dit as't ware in my brein... mmm...soos hoendersosaties...

Die eerste twee projekte wat 'n bietjie momentum gekry het hierdie jaar was Confessions of an alcoholic's son (ek is die die seun, en my oorlede ma is die ma), en Emigrasiestories.

Eersgenoemde is iets wat ek moes doen - kon nie die "rolprent" langer in my kop hou nie - toe sit ek hom op papier - en nou is my kop effe stiller...en ek sien my ma as 'n mens, dalk vir die eerste keer...en ek kan vir die eerste keer sedert 1999 (sy is toe oorlede) regtig rou, en haar laat gaan - dat sy kan vrede ervaar... en ek natuurlik. En die mense om my...maar nie almal nie...maar so is die lewe?

Die Confessions manuskrip dwarrel tans rond tussen vriende en familie - met plek-plek ongelooflike gevolge, en ook teleurstellings...wat die lewe tog maar in 'n neutedop is?

Ek het by 'n man gesit wie ek al 6 jaar ken, en bietjie oopgemaak oor my "stil" (werksgewys) 2011, en my skryf van Confessions tot dusver, en dat ek wens ek kon die manuskrip saam met iemand skryf wat ook so 'n tipe lewenspad loop. Ten einde die stories te vervleg om nog meer waarde te ontsluit...miskien...

Hy verstom my toe: Sy dogter is op 29-jarige ouderdom vir die vierde keer in rehab, en sy broer is ook 'n verslaafde-sonder-ophou... en ek mag maar sy storie opteken vir vervlegting met my storie.

Hallo? Waar gaan hierdie proses heen?

Bang. Opgewonde. Kan nie wag nie. Kan ek nie maar iets veiligers aanpak nie? Begeesterd...

Die Emigrasiestories-gedoente-titel gaan oor my eie wroeging (soms gereeld) rakende my bly-of-gly toekomsdenke rondom Suid-Afrika... hoe ek myself keer op keer oortuig om te bly as ek sulke  wonderlike mense-stories hoor, ervaar, sien in ander mense...

Beide bogenoemde is die onderwerp van 'n skrywersbeursaansoek, terwyl die Confessions titel al by uitgewers is vir oorweging.

Sjoe, die senuwees knaag maar "lekker" - gelukkig is die wagtydperk darem net 6 tot 8 maande... : )

Daar is 'n derde projek, wat waarskynlik gemik gaan wees op my versugtinge, gewaarwordinge, pyn, plesier en sulke nonsens, rondom aspekte van generasie-gapings, persoonlik en oor die algemeen. Die projek het al 'n baie lekker titel, volgens my:

Confessions of a calvinist's son: oopkop hel toe...

Man, die titel maak my sommer opgewonde, maar ek besef deeglik dat dit verwarrend kan wees: dit gaan nie teen Calviniste of -me, of my ouers (individueel of saam) gemik wees nie. Verder gaan dit deels oor my geloofspad handel, maar nie naastenby uitsluitlik nie... Miskien kan die verwarring in my guns tel...as die boek gepubliseer word, kan ek dit by CUM en Exclusive verkoop... : )

En as die titel my opgewonde maak, maak die storie agter die titel my nog meer opgewonde - ek het lanklaas so lekker gelag. Maar genoeg nou hiervan, behalwe om 'n dankbetuiging aan WhatsApp tegnologie te bring, vir die daarstel van hierdie titel...

Miskien moet ek iets skryf oor titels en die stories daaragter?

Iets soos:

Titillating titles...

Of wat ookal?

2 comments:

  1. Funny hoe titels 'n topic kan wees en tot baie gevolge kan lei... Wel vlg my bestaan die hele lewe vol titels: dronkies, druggies, fatso's, dweeps, genius, depro, extreme, phsyco, believer, non-believer..... maar hey wat is in 'n titel???
    My opinie: dis 'n mensgemaakte boks (doos as jy wil) wat 'n lewenslange “ tattoo” op iemand anders se lyf(bestaan) wil ets!!!
    Kontemporêr? Ekstreem? Sinneloos (o ja)
    Dink net hoe wonderlik die wêreld sou wees as daar geen "tatoos" was nie... vrede, stunning in eie reg, individueel, vergenoegd!!
    Wat is die oorsaak v "tatoos"? SENSASIE!!!
    Wat is sensasie? 'n Kapabel gebabbel oor alles en nog meer wat in essence glad nie saakmaak nie. My opinie.
    Helaas - geluk, liefde, vrede, vreugde en tot eie reg vir wie en wat ons almal indidvidueel is = DIE LEWE SOOS HY IS (LIVE AND LET LIVE, AND BE WHAT YOU WANT TO BE, FOR WHO YOU ARE IS NO BETTER THAN ME. :)XXX

    ReplyDelete
  2. Aangename kennis Boembelino. En dankie vir jou kommentaar... dink ek? :/

    ReplyDelete